ELKE DAG IS OPEDAG

 

 

EVERYDAY IS AN OPEN DAY

011 234 6326 / 083 391 8622

Meer Oor Ons

 

Ons het in 2016 ons deure oopgemaak op 'n 2 hektar erf in Midrand.  Hier word kinders blootgestel aan die PLAASLEWE waar hulle elke dag begin deur die HOENDERS kos te gee en die PERDE, Joey en Chestnut te groet. Daagliks drink hulle ook van Roomys en Blommetjie, ons Jersey KOEIE, se MELK en kan sien waar melk regtig vandaan kom.

 

Buitemuurse aktiwiteite

Buitemuurse aktiwiteite word aangebied soos per belangstelling en is addisioneel tot die skoolfooie.

Voorbeelde is as volg en word jaarliks hersien:

Sokker, Ballet, ExperiMaatjies, Semas, ens.

Uitstappies

Gereelde uitstappies word onderneem na plekke met opvoedkundige waarde waar kleuters die realiteit kan beleef, bv. Montecasino Voëlpark, Brandweer,  Planetarium, Kinderteater en nog meer.  Ons kry ook besoekers wat opvoedkundige programme op ons eie terrein kom aanbied bv. Walrus Teater, JHB Dieretuin en nog meer. 

 

Fasiliteite

Ons skool spog met puik fasiliteite.  Dit sluit in:

*         voldoende, goed toegeruste klaskamers

*         higiëniese badkamers

*         'n goed toegeruste nasorgsentrum

*         'n vakansieprogram

*         'n saal waar opvoedkundige programme en funksies aangebied word en

*          ‘n groot terrein waar sport en skoolfunksies aangebied word

*      die beste van alles, 'n PLAAS:-)

 

Nasorgsentrum

Ons sentrum funksioneer daagliks vanaf 13:00 tot 17:00 by die skool; vryspel aktiwiteite vind plaas onder konstante toesig. 

 

Terapie

Ons is bevoorreg om ‘n gekwalifiseerde spraakterapeut te hê wat weekliks ons skool kom besoek, die dienste van 'n opvoedkundige sielkundige en arbeidsterapeut is beskikbaar indien nodig.  Indien u vermoed dat u kind 'n probleem met sy/haar ontwikkeling het, sal ons leiding verskaf sodat die nodige evaluerings gedoen kan word.

Ons bekwame onderwyspersoneel is voortdurend besig met assessering en daarom behoort enige probleemareas geïdentifiseer te kan word.  Terapie kan gedurende skoolure geskied, indien u dit so sou verkies.  Afsprake sal gereël word met die betrokke ouers en die nodige terapeute.

Ons laat ook jaarliks gehoor- en spraaktoetse doen, om sodoende enige probleem in die verband vinnig te identifiseer en op te los.

 

Etes

Oggendetes, middagetes en ‘n ligte middag verversing word elke dag aan die kleuters bedien en is by die skoolfooie ingesluit. 

Die oggend verversing word vanaf die huis gestuur. 

Indien u verkies dat u kind Purity kos eet, moet dit saam met u kind gestuur word.

 

Klasindeling

Babas sal aanvaar word vanaf 1 jaar.  Kleuters tot en met 5 jaar sal aanvaar word. Kleuters kry voorkeur vir toelating by Sandton Akademie.

 

Klasgroepe

1 - 3 jaar (Kalfieklas)

3 - 5 jaar (Vulletjieklas)